Henry Hopley

Henry Hopley

Amper afskoptyd

KIMBERLEY. – ’n Taai stryd wag op die Tafel Lager Griekwaland-Wes rugbyspan in hul Superrugby Unlock-kragmeting teen die Westelike Provinsie wat om 16:30 op Tafel Lager Park afskop. Beide spanne sal die wedstryd wil wen nadat hulle verlede week onderskeidelik…

Leeus wen die Griekwas 61-31

KIMBERLEY. – Die Emirates Lions het die rugby-span van Tafel Lager Griekwaland-Wes gisteraand op Emirates Park maklik met 61-31 in hul Vodacom Superrugby Unlock kragmeting geklop. Die tuisspan het die eerste helfte oorheers en rustyd gerieflik met 28-3 voorgeloop. Die…

Elton Jantjies keer terug om Emirates Leeus aan te voer

Springbok-losskakel, Elton Jantjies, keer terug om die Emirates Leeus aan te voer in hul Superrugby Unlock-kragmeting teen die rugbyspan van Tafel Lager Griekwaland-Wes Vrydagaand op Ellispark. SA Rugby (SARU) en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het die Leeus gister…

Griekwa-span toon veranderinge

KIMBERLEY. – Die rugbyspan van Tafel Lager-Griekwaland-Wes wat Saterdag teen die Leeus Saterdag op Ellis Park uitdraf, toon ses veranderinge en een posisionele skuif van die span wat in die eerste twee wedstryde begin het. Op pad na die Cheetahs…

Telkom-netballigakampioene eindig vanaand

Die Telkom-netballigakampioenskappe eindig vanaand om 19:00 met die eindstryd in divisie 1 tussen aartsvyande die Jaguars en Crinum. Die twee spanne het die kampioenskappe tot dusver oorheers en vanaand se wenner sal vir ‘n rekord vierde keer die kroon dra.…

Ses Krieket SA-raadslede bedank

Krieket Suid-Afrika is vandag in sy fondament geskud met die bedanking van ses raadslede. Rihan Richards, president van Noord-Kaap Krieket, is as waarnemende president van KSA se Lederaad verkies. Onder die lede wat bedank het, is Beresford Williams, die waarnemende…

Gister se Telkom-netballiga-uitslae

Die verdedigende kampioene, die Jaguars en die Stings, het vandag sake uitgespook in die halfeindstryd van Divisie 1 van Telkom se netballigakampioenskappe. Hierdie is ‘n herhaling van die finaal van die vorige twee jaar en die Jaguars is die gunstelinge…

Diamonds eindig in algehele sewende plek

Die Noord-Kaap Diamonds het hul uitspeelwedstryd teen die Limpopo Baobabs met 47 teen 35 gewen om in die algehele sewende plek by Telkom se netballigakampioenskappe te eindig. Die Diamonds het met doelgerigte spel vorendag gekom om die wedstryd te oorheers…

Telkom-netballiga-uitslae

Die Noord-Kaap Diamonds het die Aloes met 42 teen 37 geklop in hul kragmeting gister by Telkom se netballigakampioenskappe. Die Diamonds het die wedstryd deurgaans oorheers en die Oos-Kaapse span nooit kans gegee om hul ritme te vind nie. Die…

Geen druk op Curriebeker-spanne

KIMBERLEY – Daar is geen druk op die ses spanne wat in vanjaar se Curriebeker-kompetisie meeding nie. Weens die inperking en vertraging weens die Covid-19-pandemie het die Suid-Afrikaanse rugbyunie aanpassings gemaak. Op ‘n spesiale vergadering waar al 14 provinsiale spanne…

Diamonds klop Queens

Die Noordkaap Diamonds het gister die KZN Kingdom Queens met 44-40 geklop om hul tweede oorwinning op vanjaar se Telkom netballiga-kampioenskappe te behaal. Die spanne was in ’n opwindende stryd gewikkel. Diamonds het nooit bes gegee nie en aan die…

Griekwas verloor teen Pumas in naelskraap wedstryd

KIMBERLEY. – Die Tafel Lager-rugby-span  van Griekwaland-Wes het vanmiddag naelskraap met 21-27 teen die Pumas in hul Super Unlock-kragmeting op Tafel Lager Park verloor. Hierdie is die Poubloues se twee agtereenvolgende nederlaag in die kompetisie. Vandag het die beter span…

Cubs nou deel van Telkom se netballiga-kampioenskappe

Netbal Suid-Afrika het ‘n 13de span, die Cubs, uitgenooi na Telkom se netballiga-kampioenskappe wat môre in Bloemfontein begin. Die Cubs is ‘n groep o/21-spelers wat in ses vertoonwedstryde teen afdeling A-spanne sal speel. Hierdie is ter voorbereiding vir die 2021-netbaljeugtoernooi…

Blou Bulle moes alles uithaal teen Griekwas

SUID-AFRIKA. – Die Vodacom Blou Bulle moes alles uithaal om’n begeesterde Tafel Lager Griekwaland Wes rugbyspan Saterdagaand naelskraap met 30-23 te klop in hul Curriebekerwedstryd op Loftus Versfeld. Die Poubloues het die tuisspan verras met hul sterk skrumwerk en inklimspel…

Gemeenskap treur oor geliefde skoolhoof

KIMBERLEY. – Die gemeenskap van die Diamantstad treur nadat die gewilde skoolhoof van Laerskool Endeavour, Andre van Wyk (48), na ‘n kort siekbed in die MediClinic Gariep-hospitaal Donderdag gesterf het. Kimberley-gebore van Wyk het sy skoolloopbaan aan Laerskool Pescodia begin…

Krieket begin volgende maand

Die land se krieketseisoen sal amptelik volgende maand begin met die ses franchise spanne wat sake in drie kompetisies sal uitspook. Krieket Suid-Afrika (KSA) het op 9 Oktober aangekondig dat die ses spanne in die vier-en eendagreeks in twee groepe…

Harde wedstryd lê voor vir Griekwas

KIMBERLEY. – ‘n Klipharde voorspelerstryd wag op die Tafel Lager Griekwaland-rugbyspan Saterdag om 19:00 teen die Blou Bulle op Loftus Versfeld in hul eerste Curriebeker-kragmeting. Nuus uit die Blou Bulle-kamp is dat hulle voorberei is vir ‘oorlog’ teen die Griekwas,…

Kimberley se eie ysterman

KIMBERLEY. – Kimberley se ysterman, Willie van den Berg, sê sy kans om vanjaar aan die Ysterman-kompetisie deel te neem, is deur die Covid-19-pandemie in die wiele gery. Dié apteker by Robert Mangiliso Sobukwe-hospitaal sê hy het hard voorberei vir…