KIMBERLEY – Daar is geen druk op die ses spanne wat in vanjaar se Curriebeker-kompetisie meeding nie.
Weens die inperking en vertraging weens die Covid-19-pandemie het die Suid-Afrikaanse rugbyunie aanpassings gemaak.
Op ‘n spesiale vergadering waar al 14 provinsiale spanne verteenwoordig was, is die besluit geneem: Daar sal in die volgende seisoen gespeel word om vir deelname aan die Curriebeker te kwalifiseer.
In die voorgestelde SA-bekerkompetisie sal die 14 spanne in ‘n enkele rondte sake uitspook.
Aan die einde van die kompetisie sal die top agt spanne aan die premier-afdeling van die Curriebeker deelneem.
Die ander ses spanne sal dan in die eerste liga van die Curriebeker teen mekaar speel.
Die top vier spanne na die ligarondte in die premier-afdeling van die Curriebeker sal in ‘n uitklopwedstryd uitspeel.
Na die kwarteindstryd en semi-finaal sal die laaste twee spanne sake dan in die eindstryd uitspook.
Die Oostelike provinsie sal ook aan die SA bekerreeks wat in Februarie begin, deelneem.



