Verkragting-verdagte in hegtenis geneem

Deel hierdie storie / Share this story

PRIESKA – ‘n Verdagte is vanoggend om ongeveer 09:00 in verband met die verkragting van ‘n 60-jarige vrou op Prieska in hegtenis geneem.

So sê brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder. “Die vrou was na bewering gisteroggend in haar huis aan die slaap toe die verdagte deur ‘n venster geklim het. Hy het die slagoffer met ‘n hamer aangerand en toe verkrag.”

‘n Soektog na die verdagte is aan die gang gesit en hy is vanoggend in hegtenis geneem. Hy verskyn binnekort in die plaaslike landdroshof.