FRANKRYK. – Die data van 33 miljoen mense is in Frankryk gesteel in die land se grootste kuberaanval ooit.
Twee Franse diensverskaffers van mediese versekeringmaatskappye het die week bevestig hulle is geteiken en miljoene mense se data is gesteel.
Die kuberkrakers het by die sisteem ingekom deur die inligting van gesondheidswerkers te gebruik. Mense se huwelikstatus, geboortedatum, sosialesekuriteitnommers, die naam van hulle versekeraar en wat deur die polis gedek word, is gesteel.
Geen banknommers, mediese inligting, selfoonnommers of e-posadresse is gesteel nie.
Kuberaanvalle begin al hoe meer toeneem en almal word gewaarsk om nie op enige vreemde skakels te kliek nie.
Bronne: Euronews, Cyber Daily, First Post



