October 28, 2020

Griekwas verloor teen Pumas in naelskraap wedstryd

KIMBERLEY. – Die Tafel Lager-rugby-span  van Griekwaland-Wes het vanmiddag naelskraap met 21-27 teen die Pumas in hul Super Unlock-kragmeting op Tafel Lager Park verloor.

Hierdie is die Poubloues se twee agtereenvolgende nederlaag in die kompetisie.

Vandag het die beter span egter die knoop deurgehaak. Die besoekers het meer doelgerig gespeel en deurgaans die botoon gevoer.

By die tuisspan was daar te veel doellose skoppery en hulle kon net nie aan die gang kom nie.

Volgende week het Griekwas ’n loslootjie en daar sal ernstig aandag aan hul gebrek aan afronding gegee moet word.

Puntemakers: Pumas 27 (17) drieë: Neil Maritz, Ginter Smuts, Devon Williams. doelskoppe: Eddie Fouche 3. strafdoel; Fouche 2

Griekwas: 21 (11) drieë: Victor Sekekete, Adre Smith, doelskop: George Whitehead

strafdoel: Whitehead 3.

Foto: Timeslive

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *