SUID-AFRIKA. – Die Vodacom Blou Bulle moes alles uithaal om’n begeesterde Tafel Lager Griekwaland Wes rugbyspan Saterdagaand naelskraap met 30-23 te klop in hul Curriebekerwedstryd op Loftus Versfeld.
Die Poubloues het die tuisspan verras met hul sterk skrumwerk en inklimspel in hierdie fisieke en klipharde tweestryd.
Albei spanne het te veel hanteer en onnodige oordeelsfoute gemaak.
Griekwas het uit staanspoor ingeklim en het welverdiend tot diep in die eerste helfte met 10-0 voorgeloop.
‘n Drie in die 43ste minuut deur Ruan Nortje verdoel deur Morne Steyn het die rustydtelling 10-elk gemaak.
In die tweede helfte het die spanne alles uithaal en Griekwas het halfpad deur die helfte met 18-10 voorgeloop.
Danksy ‘n strafdrie het die Blou Bulle binne trefafstand gekom met die telling 18-17.
Die eindtelling is ‘n bewys dat die tuisspan diep moes delf en die uitslag was tot in die doodsnikke van hierdie meedoenlose tweestryd in die weegskaal.
Die Poubloues het beslis karakter getoon en hulle nie laat afskrik deur die Bulle se reputasie nie
Puntemakers:
Blou Bulle 30 (10) drieë: Arno Botha , Ruan Nortje, strafdrie; doelskop: Morne Steyn 3; straf: Steyn 2;
Griekwas 23 (10) driee: James Verity-Amm 2, Anthony Volmink; doelskop: George Whitehead; straf: Whitehead 2.



