Twee vrouens in motor doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

POLOKWANE. – Twee vrouens het hier in ‘n motor gesit toe drie verdagtes hulle vermoedelik genader en op hulle begin skiet het.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê twee van die verdagtes het vuurwapens gehad. ’n Vierdie verdagte het in ‘n wegkommotor gewag.

Na die skietery het die drie verdagtes na bewering na die motor gehardloop en van die toneel gevlug.

Nooddienste wat op doe toneel was, het berig met hulle aankoms het die vrouens geen teken van lewe getoon nie.

Die motief vir die moord is nie bekend nie.