Gemeenskap treur oor geliefde skoolhoof

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die gemeenskap van die Diamantstad treur nadat die gewilde skoolhoof van Laerskool Endeavour, Andre van Wyk (48), na ‘n kort siekbed in die MediClinic Gariep-hospitaal Donderdag gesterf het.


Kimberley-gebore van Wyk het sy skoolloopbaan aan Laerskool Pescodia begin en aan Hoerskool Homevale afgesluit. Na voltooiing van sy onderwysstudies aan die destydse Perseverance-opleidingkollege het hy sy onderwysloopbaan by Endeavour begin.
Hy was tot departmentshoof en later adjunk-hoof bevorder. In Junie 2016 is van Wyk as skoolhoof aangestel.


Sedert sy afsterwe stroom huldeblyke in op Endeavour se Facebookblad.
Oor die algemeen word van Wyk beskryf as ‘n nederige, toegewyde opvoeder wat voortdurend met innoverente projekte by die skool besig was.


Hy was veral bekend vir sy sterk beginsel en waardes en het die skool met ‘n ferm hand bestuur.


In hul eerbetoon sê sy onderwysers: “Ons het harde werk, professionaliteit en toegewydheid van hom geleer en hy was ‘n rolmodel vir jong onderwysers. Ons skool wil aan sy vrou en die familie se hulle is in ons gebede en ons verseker julle God sal julle deur hierdie moelike tyd dra
“Die skool se die hoof was gelief onder sy kollegas asook die leerders en sal altyd as ‘n legende onthou word.”


Van Wyk word deur sy vrou Anthea, seun Brandon (17) en twee susters oorleef.