Die Noordkaap Diamonds het gister die KZN Kingdom Queens met 44-40 geklop om hul tweede oorwinning op vanjaar se Telkom netballiga-kampioenskappe te behaal.
Die spanne was in ’n opwindende stryd gewikkel. Diamonds het nooit bes gegee nie en aan die einde hul sege verdien.
Die tafel is gedek vir ’n herhaling van verlede jaar se finaal na die Jaguars en Stings se wedstryd met 35-35 geëindig het.
Rustyd het die Stings met 18-13 voorgeloop, maar die Jaguars, danksy ’n hewige tweede helfte aanslag het ’n gelykop uitslag verseker.
Die Vrystaat Crinums het ook met ’n groot terugveg gekom om die Flames met 42-39 te klop.
Die Mpumalanga Sunbirds het die Tornadoes met 35-31 geklop om die enigste span in afdeling B met vol punte te wees.
Die Stars het heeltyd voorgeloop teen die Fireballs, maar aan die einde het die Gautengers met 37-35 geseëvier.
In hul vertoonwedstryd het die Jaguars die Cubs met 49-22 oorrompel.



