Telkom-netballigakampioene eindig vanaand

Deel hierdie storie / Share this story

Die Telkom-netballigakampioenskappe eindig vanaand om 19:00 met die eindstryd in divisie 1 tussen aartsvyande die Jaguars en Crinum.

Die twee spanne het die kampioenskappe tot dusver oorheers en vanaand se wenner sal vir ‘n rekord vierde keer die kroon dra.

Die Jaguars is die verdedigende kampioene en het die afgelope drie jaar die kampioenskap gewen.

Die Vrystaters was die eerste drie jaar die wenners van die kampioenskappe.

In die voorwedstryd om 17:00 sal die Aloes teen die Kingdom Stars in ‘n promosie-/relegasiewedstryd sake uitspook.

Gister is die Aloes as divisie 2-kampioene gekroon na hulle die Kingdom Queens in die finaal met 35-31 geklop het.

Die Fireballs het die Stings met 39-35 verslaan om derde in divisie 1 te eindig.

Die Tornadoes het derde in divisie 2 geëindig nadat hulle die Sunbirds in hul uitspeel wedstryd met 44-25 oorrompel het.