Krieket begin volgende maand

Deel hierdie storie / Share this story

Die land se krieketseisoen sal amptelik volgende maand begin met die ses franchise spanne wat sake in drie kompetisies sal uitspook.


Krieket Suid-Afrika (KSA) het op 9 Oktober aangekondig dat die ses spanne in die vier-en eendagreeks in twee groepe ingedeel is.


Elke span sal in hierdie reekse in sewe wedstryde betrokke wees.


In die T 20 kitskrieket reeks sal die ses spanne in ‘n enkel rondte sake uitspook.


Die spanne sal een keer teen mekaar speel en na die uitspeel sal die twee topspanne vir die eindstryd kwalifiseer.


Vroeer vanjaar is die vorige seisoen weens die landswye inperking opgeskort en daar was verwag die nuwe seisoen eers in Januarie begin.


In die vierdag-reeks is die spanne soos volg ingedeel.
Pool A : Kaap Kobras; Titans; Warriors.
Pool B: Dolfins, Lions, Knights.
Die eendagreeks indeling is soos volg: Pool A: Kaap Kobras, Lions, Warriors.
Pool B: Dolfins, Titans, Knights