Pretoria. – Vanoggend om 10:00 vind daar nog ’n massa-optog en biddag by die Unie-gebou in Pretoria plaas.
Die optog teen plaasmoorde begin by Builders Warehouse waarna daar stadig na die Unie-gebou gestap sal word.
Kallie Roux, van Unite against farm murders/attacks sê daar gaan ook ’n toespraak oor die voorkoming van plaasaanvalle gehou word. Roux sê die optogte is ook vir bewusmaking sodat mense kan sien hoe dié aanvalle die land beïnvloed.
Hou FiND iT dop vir foto’s en regstreekse uitsending van die optog in Pretoria.



