SENEKAL. – André Pienaar, wat na die Senekal-optog in hegtenis geneem is, staan tereg op aanklag van terrorisme, poging tot moord, aanhitsing van geweld en openbare geweldpleging.
Brig. Thaladi Shuting, polisiewoordvoerder, het die aanklagtes aan FiND iT bevestig.
Die optog het voor die Senekal-landdroshof op 6 Oktober 2020 plaasgevind waar die twee verdagtes vir die moord op Brendin Horner (21) voorgekom het.
Pienaar is op 7 Oktober 2020 in hegtenis geneem. Sy prokereur kon nie dieselfde aand vir borg aansoek doen nie omdat die klagstate nie volledig was nie.
Shuting sê die saak is uitgestel tot 13 Oktober waar Pienaar sal hoor of borg toegestaan sal word.



