KIMBERLEY. – ‘n Klipharde voorspelerstryd wag op die Tafel Lager Griekwaland-rugbyspan Saterdag om 19:00 teen die Blou Bulle op Loftus Versfeld in hul eerste Curriebeker-kragmeting.
Nuus uit die Blou Bulle-kamp is dat hulle voorberei is vir ‘oorlog’ teen die Griekwas, dit beteken hulle gaan met hul gedugte pak inklim.
Scott Mathie, die Griekwa-afrigter, het veral op die vaste fasette in sy voorbereiding gefokus en hoop sy span sal die aanslag kan weerstaan.
Die Blou Bulle sal graag wil voortbou op verlede week se vertoning in hul laaste opwarmingswedstryd teen die Cheetahs.
Beide sal na verwagting môre hulle spanne aankondig. Die Blou Bulle het hul span aansienlik versterk met Jake White wat die leisels oorgeneem het. Verlede seisoen het die Bulle gesukkel en sal wil bewys dat hulle vanjaar nie onderskat moet word nie.
Sal Griekwas die aanslag kan weerstaan en ons in die afwesigheid van Loftus se partydige skare verras?
Watter Griekwas-ondersteuners is hierdie jaar ‘n voortsetting van ons span se opwaartse kurwe?



