Springbok-losskakel, Elton Jantjies, keer terug om die Emirates Leeus aan te voer in hul Superrugby Unlock-kragmeting teen die rugbyspan van Tafel Lager Griekwaland-Wes Vrydagaand op Ellispark.
SA Rugby (SARU) en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het die Leeus gister toestemming gegee om gasheer te wees vir Griekwas.
Dit volg nadat verlede week se wedstryd teen die Cheetahs weens ‘n uitbreek van Covid-19 by die Leeus afgestel is.
Die Leeus-span is: Gianni Lombard, Stean Pienaar, Wandisile Simelane, Dan Kriel, Courtnall Skosana, Elton Jantjies (k), Maree van den Berg, Len Massyn, Vincent Tshiluka, M.J. Pelser, Marvin Orrie, Ruben Schoeman, Carlu Sadie, Jaco Visagie, Stu Sithole; Plaasvervangers: P.J. Botha, Ruan Dreyer, Jannie du Plessis, Reinhardt Nothnagel, Jaco Kriel, Ross Cronje, Burger Odendaal, Tiaan Schoeman.



