Hou jy van spoed? Dan sal jy van Bugatti se nuwe blitsige motor hou.
Bugatti se nuuste supermotor, die Bolide, is hul vinnigste motor nog. Die motor kan die spoedmeter verby 500 km/h druk.
Bugatti het van koolstofvesel gebruik gemaak wat die motor net 1240 kg laat weeg. Sy 8,0 liter W16 turbo-enjin kan 1360W lewer. Selfs die skroef- en bevestigingselemente van die Bolide is heeltemal uit titaan vervaardig. Verskeie elemente is afkomstig van ‘n 3D-drukker en is buitengewoon dun met diktes van 0,5 millimeter.

Volg Find-it hier.



