Dank vir vuurvegters

Namens die Kimberley Noord Brandbeskermingsvereniging wil ons graag almal bedank wat betrokke was en gehelp het by die bestryding van die verwoestende veldbrande die laaste paar weke. 

Sommige mense het so ver gekom soos Thabazimbi, Postmasburg en Bloemfontein. Ons bedank ook graag die besighede van Kimberley en omliggende areas wat water gebring het om die brande te beveg. Ons opregte dank en waardering gaan ook aan diegene wat drinkwater, koeldrank en kos geskenk het.

Die kameraadskap is ongelooflik en dit was hartsverblydend om die gemeenskap te sien saamstaan in ’n tyd van nood.

Sommiges is meer geraak as ander en ons is seker ons sal mekaar ondersteun deur hierdie tragedie.

 Ons hoop en bid dat die reën sal kom en die letsels stadig maar seker sal verdwyn.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *