WES-KAAP. – Die ambulans- en polisiedienste was aan diens in die stad toe hulle ingelig word oor ‘n vrou in nood.
Was reeds in kraam
Die beamptes het op die hoek van Halt- en Voortrekkerweg in Elsiesrivier stilgehou en ’n vrou wat besig was om geboorte te skenk, gevind. Wayne Dyason, inspekteur van wetstoepassing, het gesê die vrou was reeds in kraam toe hulle op die toneel opdaag. Die vrou se ma het by haar gestaan.
Die beamptes het vining ingespring en ’n babadogtertjie is gebore. Dyason sê die beamptes is baie bly hulle kon deel wees van so ‘n gelukkige gebeurtenis. Hy sê hy is ook trots op die ma en dogter wat kalm tydens die situasie gebly het.
Volg Find-it hier.



