’n Veiligheidswag is na bewering 27 keer gesteek toe hy twee susters versoek het om hulle gesigmaskers aan te sit en hulle hande te ontsmet.
Die twee susters het ’n skoeniwnkel in Chicago besoek toe die voorval plaasvind. Volgens CNN het die een suster glo die veiligheidswag aan die hare vasgehou terwyl die ander een hom in sy rug, nek en arms gesteek het.
Poging tot moord
Die veiligheidswag kon na ’n ruk uit die suster se greep ontsnap en het gehelp om die twee vroue binne die winkel te hou tot die polisie daar opgedaag het.
Hy is tans in ‘n stabiele toestand. Albei is aangekla van poging tot moord en is borg geweier.



