40 lyk só as jy Kim Kardashian is

Deel hierdie storie / Share this story

Kim Kardashian West het dié maand haar 40ste verjaarsdag op ’n eiland gevier.

Gaste is na die eiland ingevlieg en elke gas het sy eie private verblyf op die eiland ontvang. Kim het deurlopend foto’s op haar Instagram-blad gedeel. Sy beskryf haar emosies op die dag van haar verjaarsdag as ‘nederig en geseënd’.

Hoe bevoorreg ek is

Kim skryf ook op Instagram dat sy nie een dag as vanselfsprekend beskou nie. Sy sê hierdie jaar het sy geleer watter dinge in haar lewe regtig saak maak. “Ek het my verjaarsdag saam met die mense wat my die vrou gemaak het wie ek vandag is, deurgebring. Voor Covid-19 het mense nie alles in die lewe waardeer nie. Al my gaste was gevra om vir twee weke voor die partytjie te isoleer. Vir daardie oomblikke op die eiland kon ons maak asof alles weer normaal is. Dit is oomblikke soos hierdie wat ek besef hoe bevoorreg ek is,” lui haar inskrywing verder.

https://www.instagram.com/p/CG2zK7WgghF/?igshid=1r7lnzh5r23sr