NOORD-KAAP. – Liza Kotze (35), ’n ‘doofstom’ vrou van Pietermaritzburg, wat glo laasweek in die Campbell-area verdwyn het, het glo nooit regtig verdwyn nie.
Liza bestaan glo nie en die wit Toyota waarin sy glo gery het, se nommerplate is ook vals en behoort aan ’n ander voertuig.
Liza sou glo vir ’n mansvriend wat sy op Facebook ontmoet het, gaan kuier, maar het nooit opgedaag nie. Sy het hom glo die dag van haar verdwyning per WhatsApp laat weet dat sy karprobleme ervaar.
Die man het glo vir haar geld inbetaal en daarna het sy glad nie weer met hom kontak gemaak nie. Toe sy nie opdaag nie, het die man haar as vermis by die polisie aangemeld.
Die man het vroeër die maand kontak met FiND iT gemaak nadat hy haar as vermis aangemeld het, maar wil in hierdie stadium nie kommentaar lewer nie.



