Cubs nou deel van Telkom se netballiga-kampioenskappe

Deel hierdie storie / Share this story

Netbal Suid-Afrika het ‘n 13de span, die Cubs, uitgenooi na Telkom se netballiga-kampioenskappe wat môre in Bloemfontein begin.

Die Cubs is ‘n groep o/21-spelers wat in ses vertoonwedstryde teen afdeling A-spanne sal speel.

Hierdie is ter voorbereiding vir die 2021-netbaljeugtoernooi wat in Fiji gedurende Desember aangebied word.

Die Cubs is: Alice Kennon (Gauteng), Boitumelo Mahloko (Vrystaat), Chanel Vrey (Vrystaat), Elmere van der Berg (Noordwes), Jamie van Wyk (Gauteng), Kaylon Coetzer (Oos-Kaap), Lucy Strydom (Noordwes), Nicola Smith (Wes-Kaap), Nicola Oosthuizen (Gauteng), Panashe Chiranga (Gauteng), Refiloe Nketsan (Vrystaat), Rolene Streutker (Vrystaat), Thando Ngcobo (KZN), Tarle Mathe (KZN).

Die vertoonwedstryde teen die Cubs begin om 19:00 en is soos volg:

14 Oktober teen Flames
15 Oktober teen Fireballs
16 Oktober teen Kingdom Stars
17 Oktober teen Jaguars
18 Oktober teen Crinums
19 Oktober teen Stings