Griekwa-span toon veranderinge

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die rugbyspan van Tafel Lager-Griekwaland-Wes wat Saterdag teen die Leeus Saterdag op Ellis Park uitdraf, toon ses veranderinge en een posisionele skuif van die span wat in die eerste twee wedstryde begin het.

Op pad na die Cheetahs

James Verity-Amm skuif van vleuel en vervang Anthony Volmink wat na die Sharks vertrek. Eduan Keyter vervang vir Verity-Amm op vleuel en Edries Arendse vervang Daniel Kasende op die ander vleuel.

Op slot sal Adre Smith en Mzwanele Zito vir Ian Groenewald en Victor Sekekete wat op pad na die Cheetahs is, vervang. Op stut vervang Andrew Beerwinkel en Ewald van der Westhuizen onderskeidelik vir Jon Roy Jenkinson en Mox Mxoli wat na die bank skuif. Gideon van der Merwe begin op flank in die plek van Neil Jordaan.

Griekwa-span

Die Griekwa-span is: James Verity-Amm, Edries Arendse, Harlon Klaassen, Andre Swarts, Eduan Keyter, George Whitehead (k), Zak Burger, Carl Els, Stefan Willemse, Gideon van der Merwe, Adre Smith, Mzwanele Zito, Ewald van der Westhuizen, H.J. Luus, Andrew Beerwinkel; Plaasvervangers: Monde Hadebe, Max Mxoli, Jon Roy Jenkinson, Johan Momsen, Eduan Coetzee, Theo Maree, Theunis de Beer, Masizole Banda, Bandisa Ndlovu, C.J. Velleman, Jonathan Franck Bee.