Die weer in jou streek vandag

Deel hierdie storie / Share this story

Noord-Kaap

Aanvanklik mistig, bewolk en koel langs die kusgebied, andersins sonnig en warm tot baie warm.

Kimberley: 19°C tot 37°C

Vrystaat

Gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie oor die sentrale en westelike dele.

Bloemfontein: 17°C tot 33°C

Gauteng

Baie warm in die noorde, andersins sonnig en warm.

Pretoria: 18°C tot 34°C

Limpopo

Sonnig en warm tot baie warm.

Polokwane: 15°C tot 29°C

Mpumalanga

Sonnig en warm, maar baie warm in die Laeveld.

Mbombela: 15°C tot 30°C

Oos-Kaap

In die westelike dele sal dit koel wees op plekke langs die kusgebied, andersins gedeeltelik bewolk en warm.

In die oostelike dele sal dit gedeeltelik bewolk en warm wees met verspreide donderbuie.

Port Elizabeth: 14°C tot 22°C

Wes-Kaap

Aanvanklik bewolk en koel langs die kusgebied met verspreide reënbuie langs die suidwestelike dele. Gedeeltelik bewolk, winderig en warm tot baie warm oor die binneland.

George: 16°C tot 20°C

KwaZulu-Natal

Sonnig en warm tot baie warm. Gedeeltelik bewolk in die suide later die dag met enkele donderbuie.

Durban: 22°C tot 34°C

Noordwes

Sonnig en warm, maar gedeeltelik bewolk in die weste met enkele donderbuie.

Vryburg: 21°C tot 35°C