Spanne warm op in Telkom se netballiggakampioenskappe

Deel hierdie storie / Share this story

Die spanne is besig om op te warm vir Telkom se netballigakampioenskappe.

Gister was daar weer ‘n aantal naelbytwedstryde in die tweede rondte-kragmetings.

Die opwindendste wedstryd was tussen die Flames en die Stings met die uitslag in die laaste minute bepaal.

Die Noordwes-span het in die doodsnikke die titaniese stryd met 44 teenoor 42 beklink.

Vroeër het die Queens hulle heerskappy oor die Aloes met 43 teen 42 verseker.

Die Limpopo Baobabs het die Noord-Kaap Diamonds met 42 teenoor 35 geklop om hul tweede plek in die toernooi te verseker.

Die verdedigende kampioen, die Jaguars, het die Crinums met 36 teen 31 geklop om onoorwonne te bly.

Die Tornadoes het met 47 teen 41 met die Sunbirds afgereken.

In die laaste wedstryd het die Fireballs met 38 teen 30 met die Stars afgereken.