Vier vragmotors by ongeluk betrokke

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – Twee mense is dood nadat vier vragmotors op die N10 tussen Cradock en Cookhouse gebots het.

‘n Kettingbotsing veroorsaak

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek. Die Oos-Kaapse departement van vervoer sê die ongeluk kon deur spoed of die versuim om ‘n veilige volgafstand to hou, veroorsaak gewees het.

Al vier vragmotors het in dieselfde rigting gery. Daar word beweer die voorste vragmotor het skielik spoed verloor. Dít het ‘n kettingbotsing veroorsaak.

Die bestuurder en medebestuurder

Unathi Binqose, woordvoerder van die provinsiale departement van verkeer, sê daar word vermoed die oorledenes is die bestuurder en medebestuurder van die tweede vragmotor.