KIMBERLEY – Elzette Buckle, wie se man die eienaar is van My DIY Hardeware op Barkley-Wes, het besluit om ‘n verskil te maak in die El Toro Park-omgewing in Kimberley deur die vullis self weg te ry.
Buckle sê die werkers het nie vandag vragte gehad om te vervoer nie en daarom het hulle besluit om die geleentheid te gebruik om iets vir die gemeenskap te doen.
“Ons woon in die El Toro Park-omgewing en dit het vreeslik begin lyk na die munisipaliteit vir hoe lank nou al nog geen vullis kom verwyder het nie,” vertel sy.



