Hulp by Dronfield dringend benodig

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Daar word dringend ‘n beroep op die gemeenskap in die omgewing gedoen om te gaan help brande blus in die Dronfield-rigting.

Susan Weenink, wat op die toneel is, sê die brand het weer opgevlam.

“Die veldbrand versprei in die Dronfield-rigting. Enigiemand wat met brandbestryding kan help, meld asseblief aan by die Brakdam-plaashek. Vat die N12 Noord uit Kimberley, ongeveer 24 km vanaf die Flamingo Casino. Die mense het dringend hulp nodig. Die brandweer is op die toneel, maar kan nie die brand alleen beveg nie.”