KIMBERLEY. – Sers. Francois de Bruin van die polisie se soek- en reddingspan, se ouerhuis het vanmiddag in Lakestraat, Diamantpark afgebrand. De Bruin vertel aan FiND iT hulle het alles verloor en het selfs nou nie eers klere om aan te trek nie.
Moes ma red
“Ek was vlugtig by die werk toe ek die oproep van my pa ontvang het. Ek het voor die brandweer en polisie by my huis opgedaag. My ma, wat in ’n rolstoel is, was nog op die stoep vasgekeer. Ons moes die voorste gedeelte van die stoep oopbreek om my ma uit te kry.”
Staan en kyk hoe huis uitbrand
De Bruin vertel hulle kon net verder staan en kyk hoe die huis uitbrand. “Die brand het in my ma se kamer ontstaan. Ons is nog nie seker wat dit veroorsaak het nie.”
De Bruin se ma (63) is ’n jaar en ’n half gelede met dementia gediagnoseer.
Hulp
Indien jy enige donsies aan die De Bruin-gesin wil maak, kontak asseblief vir Tania by 064 506 7622 of stuur ’n e-pos aan [email protected]






