Die Noord-Kaap Diamonds het die Aloes met 42 teen 37 geklop in hul kragmeting gister by Telkom se netballigakampioenskappe.
Die Diamonds het die wedstryd deurgaans oorheers en die Oos-Kaapse span nooit kans gegee om hul ritme te vind nie.
Die Crinums het die Fireballs in ‘n titaniese stryd met 40 teen 38 geklop.
Beide spanne het met mening ingeklim om met oorwinning die tweede plek te verseker.
Die Jaguars het met 38 teen 32 met die Southern Stings afgereken en bly onoorwonne.
Die Tornadoes het hul posisie as voorlopers in afdeling B verstewig deur die Baobabs met 34 teen 30 te klop.
Die Noordwes Flames het die Kingdom Stars met 48 teen 30 oorrompel.
Die Sunbirds het met 45 teenoor 34 met die Kingdom Queens afgereken.



