‘n Hooflynpyp wat in Roodepan gebars het, is die rede waarom meeste Kimberliete steeds nie water het na dit Donderdagaand afgeskakel is nie.
Hierdie is die hooflynpyp wat water vanaf Riverton na Kimberley voer en om dié pyp te kan regmaak, moet die Riverton-pyplyn afgeskakel word, sê Thoko Riet, woordvoerder vir die Sol Plaatje-munisipaliteit.
“Ons het nie ‘n idee hoe lank dit afgeskakel sal bly nie. Ons sal die inwoners op hoogte hou,” sê sy.



