Swart Maandag-optogte vat vlam

Deel hierdie storie / Share this story

Groot groepe mense het vandag in verskillende dorpe en stede byeengekom as deel van die Swart Maandag-vredesopgtog teen plaasaanvalle en -moorde.

“Dis bloot ’n vredesoptog met die doel om ’n boodskap van hoop aan Suid-Afrikaners te bring. Ons hou ons oë doelgerig op die boere en op wat ons wil bereik. Geen politiek, rassisme of ou Suid-Afrikaanse vlae sal gedurende die optog geduld word nie. Ons bring slegs hulde aan boere in Suid-Afrika wat sedert 2017 hulle lewens in plaasaanvalle verloor het.”

Die Swart Maandag nasionale vredesoptog vind vanjaar in 500 dorpe regoor Suid-Afrika plaas.

Valerie Byliefeldt, een van die organiseerders, sê die Swart Maandag-beweging het in 2017 vlamgevat na ’n boer op Klapmuts in die Boland tydens ’n plaasaanval oorlede is.

Die optog in Kaapstad word deur die motorfietsryers in dié stad begelei.

’n Kruislegging, met ’n kruis wat naamplaatjies van al die boere wat sedert 2017 hulle lewens in plaasaanvalle verloor het bevat, sal op ’n plaas in die Paarl plaasvind.