Water binnekort heeltemal terug

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die watertoevoer is vanoggend om 04:00 herstel en die water het begin pomp by die Newton-reservoir, sê Thoko Riet, woordvoerder vir die Sol Plaatje-munisipaliteit.

“Meeste gebiede sal nou water begin kry, afhangende van die areas. Die werk is suksesvol klaargemaak en ons wil graag dankie sê aan inwoners vir hulle geduld,” sê sy.