Krieket Suid-Afrika is vandag in sy fondament geskud met die bedanking van ses raadslede.
Rihan Richards, president van Noord-Kaap Krieket, is as waarnemende president van KSA se Lederaad verkies.
Onder die lede wat bedank het, is Beresford Williams, die waarnemende president van KSA.
In ‘n verklaring deur Richards uitgereik bevestig KSA dat sy waarnemende president mnr. Beresford Williams, mnr. Tebogo Siko, president van Noordelikes Krieket-unie, Angelo Carolissen, president van Boland Krieketunie, John Mogodi, vise-president van Limpopo Impala Krieket, en Donovan May, president van Oostelike Provinsie Krieket. Die bedankings is vandag op ‘n vergadering van die Lederaad ingedien,” sê Richards.
Williams het bedank uit beide die Raad en Lederaad terwyl die ander lede slegs as raadslede bedank het.
Die Lederaad het Richards as waarnemende president van die Lederaad verkies.
“KSA bedank hierdie lede vir hul toewyding en diens aan KSA en wens hulle sterkte toe in al hul toekomstige planne,” sluit Richards af.



