Herstelwerk aan die hoofpyplyn vanaf Riverton is suksesvol voltooi, sê Sello Matsie, woordvoerder vir die Sol Plaatje-munisipaliteit.
“Ons het die water vanaf Riverton aangeskakel. Sodra die waterdruk ons toelaat om teen volle kapasiteit te pomp, sal ons. Sodra die water die Newton-reservoir bereik het en soos normaal kan pomp, sal inwoners weer water hê,” sê hy.
“Ons is jammer vir die ongerief.”



