Die verdedigende kampioene, die Jaguars en die Stings, het vandag sake uitgespook in die halfeindstryd van Divisie 1 van Telkom se netballigakampioenskappe.
Hierdie is ‘n herhaling van die finaal van die vorige twee jaar en die Jaguars is die gunstelinge om weer te seëvier.
‘n Titaniese stryd word verwag in die ander halfeindwedstryd tussen die Crinums en die Fireballs.
Die Tornadoes en die Aloes pak mekaar in Divisie 2 se halfeindwedstryd.
In die ander halfeindwedstryd sal die Sunbirds en Queens mekaar aandurf.
Gister se laaste rondomtaliewedstryde se uitslae is:
Queens 41 teen Tornadoes 40;
Jacquars 46 teen Flames 27;
Sunbirds 55 teen Diamonds 38;
Fireballs 46 teen Stings 35;
Crinums 45 teen Stars 39.



