KIMBERLEY.- Die Tafel Lager Griekwaland-Wes rugbyspan draf vandag teen die Stormers op Tafel Lager Park met ’n nuwe agterlyn uit.
Die span wat deur skrumskakel Zak de Beer aangevoer sal word, toon vyf veranderingeeen-een posisionele skuif van die een wat teen die Leeus begin het.
Springbok Bjorn Basson skuif op vleuel in die plek van Eduan Keyter wat na buitesenter skuif.
Sy sentermaat is Jonathan Francke.
Daar is een verandering in die agttal met Madot Mabokela wat op stut vir Andrew Beerwinkel vervang.
Die span sal waarskynlik deur vleuel, Ederies Arendse, opgelei word wat in sy 100ste wedstryd vir Griekwas uitdraf.
Die Griekwa-span is: James Verity-Amm, Ederies Arendse, Eduan Keyter, Jonathan Francke, Bjorn Basson, Tinus de Beer, Zak Burger (kaptein), Carl Els, Stefan Willemse, Gideon van der Merwe, Adre Smith, Mzwanele Zito, Ewald van der Westhuizen, H.J. Luus, Max Mxoli; Plaasvervangers: Monde Hadebe,,Andrew Beerwinkel, Madot Mabokela , Johan Momsen, Eduan Coetzee, Theo Maree, George Whitehead, Masizole Banda, Cameron Lindsay, Daniel Kasende.



