Elsje van Niekerk

Elsje van Niekerk

Griekwa-rugby deel kennis met jongelinge

KIMBERLEY – Die Griekwa-rugbyspelers het op Hoërskool Diamantveld se sportvelde saam met die rugbyspelers ’n oefensessie gehad.  Jaco Dames, direkteur van Hoërskool Diamantveld se rugby, sê dankie aan die Griekwa-spelers wat hul kennis met die jongelinge kom deel het. “Bjorn…

NK-skoliere genomineer vir wêreldskole

KIMBERLEY – Daar is 17 leerders van verskeie skole in die Noord-Kaap gekies om aan die wêreldkampioenskappe in skaak in Panama-stad deel te neem. Skaak Suid-Afrika het die nasionale span aangekondig om Suid-Afrika te verteenwoordig. Die kampioenskappe vind vanaf 28…

Verkul tot in Kimberley

KIMBERLEY – Was jy ook al ’n slagoffer van ’n kullery? Het iemand al jou selfoon of duisende rande by jou gesteel? Adam Madito, al die pad van Warrenton, is op 4 Maart uit R5800 en sy selfoon gekul. Hy…

Beweerde moordenaar gesoek

’n Pakistanse Suid-Afrika-burger wat na bewerings ’n 3-jarige seuntjie vermoor het, is op die vlug. Die verdagte, Bilal Muhammad, is in hegtenis geneem en het in die Viljoenskroon-landdroshof verskyn waar borgtog toegestaan is. Bron en foto: IRS Forensic Investigations

Man in hegtenis vir besit van ietermagô

KURUMAN – Die ietermagô is die enigste soogdier wat geheel met skubbe bedek is. Ironies is die doel van hierdie skubbe om die saggeaarde soogdiertjie teen roofdiere te beskerm. Ongelukkig is die mens hierdie dier se grootste bedreiging. Die ietermagô…

Onvanpaste aanraking

KAAPSTAD – ’n Model wat in Kaapstad gebaseer is, is van sy verteenwoordiging by nie een nie, maar twee model-agentskappe kwyt. Die man het ’n kelnerin onvanpas by ’n plaaslike restaurant aangeraak. Die kelnerin was hoogsontsteld en het die video…

Koronavirus en aftrede

Is jy naby aftrede? Hier is vyf argumente om van bewus te wees. Die COVID-19 virus wek nasionaal en internasionaal kommer op aandelemarkte oor hoe om swaarverdiende geld te bewaar. Baie pensioenfondsadministrateurs skep standaard konserwatiewe portefeuljes vir hul kliënte wat…

Skuldig aan verkragting en moord op meisie (7)

Durban – ’n Agent van ’n inbelsentrum is vandag aan die moord en verkragting van ’n 7-jarige meisie in Waterloo skuldig bevind. Laston Moodley (27) het sigbaar ontsteld voorgekom toe die uitspraak in die Durban-hooggeregshof voorgelees is. Bron: Daily News

Pensioenarisse borg Eskom

Pres. Cyril Ramaphosa het ’n sterk aanduiding gegee hoe pensioenfondse gebruik sal word om Eskom se skuld te delg. Pres. Ramaphosa het na sy opsomming van die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (SANEF) in Kaapstad gesê Suid-Afrikaners is nie so goed daarin om…

Lewenslange tronkstraf vir moordenaar

KATHU – Die 26-jarige Thataone Boitumelo Tumaeletse is tot lewenslange tronkstraf op die moord van sy 19-jarige meisie gevonnis. Die beskuldigde het vandag in die Kathu-hooggeregshof verskyn. Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder van die Noord-Kaap, sê Tumaeletse het die slagoffer in…

Vermiste meisie

RANDFONTEIN – Zeldean Nortje (16) is sedert 2 Maart vermis. Sy is laas in Randgate omstreeks net na 06:00 gesien. Enigiemand met inligting kan Crime Stop by 08600 10111 skakel. Bron: Amber Alert

UKZN se ‘War Room’

Die KwaZulu Natal-universiteit neem aan die stryd teen die koronavirus deel. Vandag het prof. Nana Poku, visekanselier  van die KwaZulu Natal-universiteit, in ’n verklaring gesê die universiteit sal ’n baanbrekende kampus genaamd “War Room” stig om die internasionale stryd teen…

Polisie lê beslag op R13 000 se dagga

KIMBERLEY – Die polisie het twee huise in die Dingaan-woonstelle deursoek en  het op dagga van meer as R13 000 beslag gelê. Brig. Mohale Ramaseba, polisiewoordvoerder, sê ’n 25 jarige vrou is in hegtenis geneem en vir dwelmhandel aangekla. “Die huis…

Vragmotordrywer skuldig na twee renosters sterf

Ashes Gumbo (37) het skuldig gepleit op aanklag van roekelose bestuur. Gumbo het Maandag in die Livingstone-landdroshof verskyn. Gumbo het verlede week twee witrenosters met ’n vragmotor in die Mosi-oa-Tunya-nasionale park in Zambië doodgery.   Bron: Maroela Media

Pasgetroud en verskyn in hof

Denver Marimuthoo (28) het na net drie maande se getroude lewe in die hof op aanklag van moord op sy vrou, Roxanne Thanthoni, verskyn. Marimuthoo word ook van motordiefstal beskuldig. Hy het vandag in die Verulam-landdroshof verskyn. Bron: IOL

SA staar moontlik resessie in die gesig

Statistiek Suid-Afrika het dit op Dinsdag 3 Maart bekendgemaak hoe die ekonomie in die laaste kwartaal van 2019 met 1.4% gekrimp het. Teenoor die vorige jaar het die ekonomie met 0.5% gekrimp. In dieselfde periode verlede jaar het die bruto…

Vas vir moord op seun (12)

Marvin Minnaar (23) het Maandag 3 Maart in die landdroshof op die aanklag van moord van ’n 12-jaarige seun op Wynberg in die Wes-Kaap verskyn. Die 12-jarige seun het in Houtbaai gewoon en het op Woensdag 26 Februarie vermis geraak.…

Busongeluk eis 25 lewens

Fikile Mbalula, minister van vervoer, sê die gru-busongeluk is waarskynlik deels deur oorlading veroorsaak. Die ongeluk het op ’n grondpad op Willowvale by Qolweni in die Oos-Kaap plaasgevind. Die bus was op pad vanaf Chebe na Butterworth. Luidens berigte het…