NK-skoliere genomineer vir wêreldskole

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Daar is 17 leerders van verskeie skole in die Noord-Kaap gekies om aan die wêreldkampioenskappe in skaak in Panama-stad deel te neem. Skaak Suid-Afrika het die nasionale span aangekondig om Suid-Afrika te verteenwoordig.

Die kampioenskappe vind vanaf 28 Mei tot en met 7 Junie plaas.

Die span is gekies vanuit die individuele skaak-kampioenskappe wat in Kimberley gehou is en die Winterspele skaak-kampioenskappe wat tydens Junie 2019 in Durban gehou is.


Agter van links na regs:
Breyton Jacobs (Hoërskool Hopetown), Joshua Gorrah (Diamantveld High
Skool), Stefan Greyling (Hoërskool Diamantveld), Edith Mosoeu (Meisieshoog
Skool), Monique Grove (Hoërskool Noord-Kaap)
 
Middel van links na regs:
Cailin Gorrah (Hopetown High School), Savannah Ahjum (Laerskool Newton),
Jordan Ahjum (Diamantveld High School), Kristen Ahjum (Newton Primary School)
 
Voor van links na regs:
Viyaash Kanjee (Kimberley Junior School), Maritz Murphy (Orania OCV), Annabelle
Ahjum (Laerskool Newton), Ayden Matthys (Laerskool Staats)


Kiara Leite (Hoërskool Duineveld)
Jason Wiese (Hoërskool Diamantveld)
Lara Human (Hoërskool Kathu)
Shannon Wong Fatt (Kimberley Girls’ High)