Busongeluk eis 25 lewens

Deel hierdie storie / Share this story

Fikile Mbalula, minister van vervoer, sê die gru-busongeluk is waarskynlik deels deur oorlading veroorsaak.

Die ongeluk het op ’n grondpad op Willowvale by Qolweni in die Oos-Kaap plaasgevind. Die bus was op pad vanaf Chebe na Butterworth.

Luidens berigte het die bestuurder beheer oor die bus verloor. Die bus het teen ’n steil wal afgerol en het 25 dood en ongeveer 70 beseer gelaat.

Bron: News24

Foto: ArriveAlive en News24