Griekwa-rugby deel kennis met jongelinge

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die Griekwa-rugbyspelers het op Hoërskool Diamantveld se sportvelde saam met die rugbyspelers ’n oefensessie gehad.

 Jaco Dames, direkteur van Hoërskool Diamantveld se rugby, sê dankie aan die Griekwa-spelers wat hul kennis met die jongelinge kom deel het. “Bjorn Basson, Christiaan Meyer, Jonathan Franke en Gideon van der Merwe het hul vaardighede op Hoërskool Diamantveld se sportvelde met die rugbyspelers kom deel.”

Bjorn Basson draf as vleuel of heelagter vir die Griekwa-rugbyspan uit, waar Christiaan Meyer die skrumskakel, Jonathan Franke die senter en Gideon van der Merwe as losvoorspeler vir die span uitdraf.

In die persverklaring staan alle o/13-rugbyspelers is welkom om die oefensessies by te woon. Dit vind weekliks op Woensdae op Hoërskool Diamantveld se sportvelde plaas.

Vir enige navrae kan Jaco Dames by [email protected] gekontak word.