KIMBERLEY – Die polisie het twee huise in die Dingaan-woonstelle deursoek en het op dagga van meer as R13 000 beslag gelê.
Brig. Mohale Ramaseba, polisiewoordvoerder, sê ’n 25 jarige vrou is in hegtenis geneem en vir dwelmhandel aangekla. “Die huis van die verdagte is ingeval na die polisie inligting ontvang het oor dagga wat in hierdie twee huise geberg is. Gedurende die ondersoek is 632 pakkies dagga wat 8.65 kg weeg, bekom.”
Die verdagte sal na verwagting op aanklag van dwelmhandel op Woensdag 4 Maart in die Galeshewe-landdroshof verskyn.



