FiND iT se top 10 stories vir 2021

Deel hierdie storie / Share this story

2021 was ‘n bedrywige jaar. Hier is ‘n kykie na die stories wat vanjaar die meeste op FiND iT gelees is.

10. LEES: Kby-seun se selfdoodbrief

“Ek is jammer. Asseblief vergewe my. Ek is so lief vir julle almal.”

Só begin die brief wat Jason Oosthuizen (17) vir sy vriende en familie agtergelaat het voor sy selfdood.

9. 10 jaar gelede: Grusame Welkom-moord

Op 2 April was dit presies 10 jaar gelede wat Michael van Eck (23) sy familiehuis verlaat het om ’n meisie wat hy op MXIT leer ken het, te gaan ontmoet. Vir sy ma het Michael gesê hy en die meisie gaan fliek.

8. Bloed in gastehuis nie die van Yolandi Botes

Die bebloede gastekamer van ‘n gastehuis wat op 3 Mei 2021 by ’n gasteplaas in Kemptonpark ontdek is, is nie dié van wyle Yolandi Botes (35) nie.

7. Aanhangers geskok: Bekende onherkenbaar na gewigsverlies

Aanhangers was geskok toe die bekende werklikheidster en sanger ‘n foto van haarself op haar Instagram-blad plaas. Baie moes twee keer kyk om haar te herken. Weet jy wie hierdie is?

6. KYK: Halfkaal man geskiet oor hy mense met mes steek

‘n Video doen die rondte van ‘n halfkaal man wat met die polisie baklei en glo enigiemand wat naby aan hom kom, met ‘n mes steek.

5. KYK: Ek ken my menseregte, gil vrou wat nie masker wil dra nie

Die video waarin ’n klant in ‘n winkel na ’n papier wys en skree dat sy haar menseregte ken, toe personeel van die winkel haar vra om ’n masker te dra, is die week oral rondgestuur.

4. Yolandi Botes-moord: Wat ons weet sover

Yolandi Botes (35), wat saam met haar man, Wietzue Botes, in Danabaai, Mosselbaai gewoon het, het op 26 April 2021 in Gauteng vermis geraak. Haar liggaam is op 4 Mei 2021 in die Vaalrivier naby Villiers gevind.

3. Rit na roetine-sonar eindig in tragiese ongeluk

‘n Swanger vrou, ‘n dogtertjie (2) en haar pa was op pad na die ma se doktersafspraak vir haar roetine-sonar toe hulle in ‘n gru-botsing betrokke was.

2. Video van man by bebloede gastehuis

In ’n stadium in die video kan ’n mens sien hoe die man na die gastehuis se kombuis sluip, maar daar is geen tekens dat hy ’n mes by hom het nie.

1.VIDEO: Vriende en familie kyk hoe Shaleen se liggaam uit gastehuis geneem word

‘n Video word op sosiale media gedeel wat wys hoe Shaleen Surtie-Richards (66) se liggaam uit die gastehuis waar sy dood gevind is, gestoot word.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.