LEES: Kby-seun se selfdoodbrief

Jason was verlede jaar ‘n leerling aan Hoërskool Adamantia in Kimberley.

LEES: Kby-seun se selfdoodbrief

LEES: Kby-seun se selfdoodbrief

“Ek is jammer. Asseblief vergewe my. Ek is so lief vir julle almal.”

Só begin die brief wat Jason Oosthuizen (17) vir sy vriende en familie agtergelaat het voor sy selfdood.

Jason se liggaam is op 1 Junie in die veld langs Landbouweg in Kimberley gevind. Hy het kort voor sy dood vir sy ma, Leoni Oosthuizen, ‘n boodskap gestuur en gesê hy is by die mall saam met ‘n vriendin.

Sy ma het toe al iets vermoed en het hom by die mall gaan soek. Kort daarna het ‘n verbyganger die polisie gebel en gesê hulle sien ‘n seun in die veld hang.

Jason se roudiens het vandag vanuit die NG Kerk Harmonie in Kimberley plaasgevind. Sy ma het sy selfdoodbrief voorgelees.

“Ek is jammer. Asseblief vergewe my. Ek is so lief vir julle almal. Mamma, Pappa, Tammy, my vriende en almal van julle wat by my gestaan het, dankie vir alles. Dit is julle wat die ruk beter gemaak het. Die is niemand se skuld nie en ek kon nie meer gehelp word nie. Jammer dat dit so lelik geskryf is en kort is. Ek is nie ‘n goeie skrywer nie. Daar is niks en niemand wat iets kon doen nie. Dankie dat julle omgegee het oor my. Die lewe is ‘n interessante ding, maar wees sterk en hou uit vir my part, asseblief. Dit is al wat ek vra. Dinge sal weer beter raak. Nou hoef julle nie meer oor my te worry nie. Lief vir julle. Die laaste ruk was die beste in my lewe. Dankie. Ek sal julle weer sien.”

Jason was verlede jaar ‘n leerling aan Hoërskool Adamantia in Kimberley en sy skoolvriende het ook hul laaste eer aan hom betoon by die diens.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *