Lees ook: Israel verwerp Hamas se skietstilstandvoorstel
ISRAEL. – Altesaam 350 liggame is van Gaza na Israel geneem sedert die oorlog tussen Israel en Hamas begin het. Die liggame is geneem sodat Israel kan kyk of van die liggame van Israeliese gyselaars is.
Al die liggame wat nie van Israeliese gyselaars is nie, word weer teruggestuur na Gaza om weer begrawe te word.
Dis onduidelik of enige van die gyselaars se liggame gevind is tussen dié wat opgegrawe is,
Israel het aangekondig minstens 31 van die gyselaars wat op 7 Oktober ontvoer is, is dood.
Die liggame van die 31 is steeds in Gaza.
Bronne: The Jerusalem Post, New York Times, ABC News



