Lees ook: Agnes Setshwantsho van nog ’n moord aangekla
PARYS, FRANKRYK. – Die medaljes wat vanjaar by die Paryse Olimpiese Spele uitgedeel sal word, gaan skrootmetaal afkomstig van die Eiffel-toring bevat.
Organiseerders het die inligting gister bevestig toe hulle die ontwerp vir die medaljes bekendgemaak het.
Die idee is om vir die suksesvolle atlete ’n “deel van Parys se geskiedenis” te gee wat hulle huis toe kan neem.
Metaal is van die Eiffel-toring tydens opknapping in die vorige eeu verwyder wat tot nou bewaar is. Dit gaan in die vervaardiging van die unieke seshoekige medaljes gebruik word.
Bronne: News Bytes, First Post, NPR



