Lees ook: Israel-weermagwoordvoerder bevestig 31 gyselaars is dood
GAZA. – Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het Hamas se skietstilstandvoorstel verwerp en het gesê “totale oorwinning” in Gaza is moontlik in ’n paar maande.
Hamas het ’n drie-fase-skietstilstand oor 135 dae voorgestel waartydens gyselaars uitgeruil word, Israel onttrek en vlugtelinge gehelp word om terug te keer. Dit behels ook die uitruil van liggame van diegene wat in die oorlog omgekom het. Hulle het ook geëis minstens 500 trokke met hulp moet na Gaza gestuur word en die heropbou van die gebied moet begin.
Netanyahu het gesê onderhandeling met die groep “gaan nêrens heen nie” en hulle terme is “bisar”.
Hy het gesê: “Daar is geen ander oplossing behalwe ’n finale, totale oorwinning nie”. Netanyahu het ook bevestig die Israeliese weermag gaan Rafah, waarheen duisende Palestiniers gevlug het, inval.
Bronne: BBC, Reuters, The Guardian
Lees ook: Israel-weermagwoordvoerder bevestig 31 gyselaars is dood



