Bloed in gastehuis nie die van Yolandi Botes

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Die bloed in die gastehuis in Gauteng is nie dié van Yolandi Botes nie.

Die bebloede gastekamer van ‘n gastehuis wat op 3 Mei 2021 by ’n gasteplaas in Kemptonpark ontdek is, is nie dié van wyle Yolandi Botes (35) nie.

Botes het op 26 April 2021 in Gauteng vermis geraak en haar liggaam is op 4 Mei 2021 in die Vaalrivier naby Villiers in die Vrystaat gevind.

Dele van Botes se liggaam is deur ’n visserman en sy seun gevind. Botes se liggaam is positief deur ’n tatoe uitgeken.

LEES OOK: Covid vir ’n tweede keer

Bloed in gastehuis nie Yolandi s’n nie

Die gastekamer is op 3 Mei deur ’n skoonmaker ontdek en beeldmateriaal van ’n onbekende man, wat die kamer gehuur het, het die rondte gedoen.

Bespiegelinge of die kamer verband hou met Botes se moord was op almal se lippe.

Odette van Staden, spesialisondersoeker van die privaat speurder, Mike Bolhuis, het aan Netwerk24 bevestig die bloeduitslae dui daarop aan die bloed van ’n onbekende manspersoon en nie dié van Botes is nie.

Saak nou weer by Vrystaat-polisie

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het bevestig die saak is nou terugverwys na die Vrystaat-polisie.

Volgens Makhele het daar nog geen nuwe leidrade in die ondersoek na Botes se moord aan die lig gekom nie.

Beloning

Botes se familie het Dinsdag ’n R50 000 se belonging op die spel geplaas vir enigiemand wat die moordenaar of moordenaars kan vastrek.

Botes se man, Wietzue Botes, het ook die beloning op sy Facebook-blad gedeel. Botes se trouring en hangertjie word ook vermis. Die plasing beskryf haar trouring as baie uniek.

LEES OOK: Rugbydrome tydens Covid-pandemie – die effek op ons tieners