16-jarige ontvoer, aangerand en herhaaldelik verkrag

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – Mondli Kheswa (34) is in die Umzimkhulu-streekhof tot lewenslank gevonnis na hy ‘n 16-jarige ontvoer, aangerand en talle kere verkrag het.

Op 25 Januarie 2016 om 23:00 het die 16-jarige meisie in ‘n huis in die Ngwagwane-omgewing geslaap toe sy deur die beskuldigde ontvoer is. Die slagoffer is met geweld na die beskuldigde se huis geneem waar sy aangerand en herhaaldelik verkrag is.

Op 27 Januarie 2016 het sy daarin slaag om te ontsnap. Sy het die saak gaan rapporteer en sy is onmiddellik hospitaal toe geneem. Die dossier is oorgeplaas na die Kokstad-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe wat die ondersoek oorgeneem het.

16-jarige ontvoer en by sy huis verkrag

Daar is vasgestel dat die slagoffer toe twee maande swanger was en dat sy haar baba verloor het weens die beserings wat sy opgedoen het. Die beskuldigde is in hegtenis geneem.

Hy is borgtog in 2019 toegestaan en het daarna verdwyn. Hy is vanjaar weer in hegtenis geneem en was in aanhouding totdat hy gevonnis is.

Kheswa is tot lewenslange tronkstraf vir verkragting gevonnis, vyf jaar tronkstraf vir ontvoering, vyf jaar tronkstraf vir seksuele aanranding en drie jaar tronkstraf vir aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die vonnisse sal gelyktydig verloop.

LEES OOK: Leerder geskors na sy meisie aan hare op video sleep

LEES OOK: KYK: vrou gesels na sy en kinders op plaas aangeval, aangehou is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.