Leerder geskors na sy meisie aan hare op video sleep

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-WES. – ‘n Video waarin ‘n graad 11-leerder van Sekondêre Skool Tiragalo op Leeudoringstad ‘n ander aan die hare sleep, is onlangs op sosiale media gedeel.

In die video sleep die betrokke graad 11-leerder ‘n ander meisie, wat op die grond lê, aan die hare. Ander leerders in die video probeer die vermeende boelie van die meisie afkry, maar sonder sukses. Sy skop en trek af en toe die slagoffer.

Leerder op video vasgeang

Die voorval het na bewering na skool plaasgevind.

Elias Malindi, woordvoerder van die onderwysdepartement, sê die saak is by die skool rapporteer. “Die betrokke meisie het skuld erken en is tydelik geskors.”

Volgens Malindi ontvang die slagoffer tans berading.

LEES OOK: Katte verdwyn oornag, oorskot op ander se stoep gevind

LEES OOK: KYK: vrou gesels na sy en kinders op plaas aangeval, aangehou is

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.